App to identify medication

Project Description

The request was initiated by Willem Basson

Departement Farmasiepraktyk wil ‘n databasis ontwikkel wat met behulp van tegnologie ‘n medikasie-identifiserings applikasie tot gevolg het.

Dit applikasie moet dmv die databasis en opgedateerde medikasie inligting oor medikasie verskeie soektogte kan doen en visueel vir die gebruiker die medikasie kan voorstel en identifiseer na aanleiding van oa. kleur, grootte, gewig, merke , verpakking van die medikasie (tablet)ens ens.

Motivering: “Ek weet nie wat is die naam van my medikasie wat ek elke maand vir my bloeddruk drink nie maar ek onthou dit was ‘n groen pilletjie in ‘n blink verpakking”

Die applikasie moet op verskeie platvorms kan funksioneer bv. slimfone, tablette, staanrekenaars en laptops.

Die applikasie op die verskeie platvorms moet met die sentrale databasis kan kommunikeer (3G of WiFi of netwerk) vir opdatering van inligting,en moontlike stoor van pasient inligting oor medisyne ens

Die applikasie moet ook papierweergawes bv plakkate en inligtingsgidse kan daarstel.

Die aanvanklike gebruikers is gesondheidswerkers in die Noordwesprovinsie maar die moontlikheid om die applikasie te kan uitrol aan ander medies verwante professies bv aptekers en mediese dokters moet ook ondersoek word.

Daar sal aanvanklik slegs op die Publiekesektor (staat) in Noordwesprovinsie gefokus word en ook slegs op 3 siektetoestande nl HIV/Aids, Diabetes en Hipertensie met slegs die medikasie wat op tender vir die Publiekesektor beskikbaar is.

Die databasis sal deur Farmasiepraktyk onderhou word en bestuur word.

Die moontlikheid van patente en “IP” word ook ondersoek

Documents

Project Progress

100%

Overall Project Completion

  • 20%
  • 60%

100%

  • 40%
  • 80%